Volksmoord in die Sentraal-Afrika Republiek

’n Volksmoord is besig om in die Sentraal-Afrika Republiek (SAR) te ontstaan, en word beskou as een van die mees gewelddadige gevalle wat Afrika in die jongste tyd beleef.

Derduisende vlugtelinge probeer die land verlaat in ’n poging om die erge geweld vry te spring. Die land is besig om in anargie te verval, en etniese suiwering neem by die dag toe in die erg beleërde staat.

Dokters Sonder Grense (MSF) het met ’n veldtog, begin om glo geld in te samel vir mediese hulp in die land, te midde van die onsuksesvolle optrede van die Verenigde Nasies(VN) wat kommer wek by menige internasionale organisasies.

Na raming het meer as ’n miljoen mense reeds die land uitgevlug gedurende die afgelope jaar, terwyl kosvoorraad al skaarser word en skoon water asook mediese dienste feitlik onbekombaar is.

Die onrus het begin op 6 April 1994 toe die vliegtuig van President Habyarimana afgeskiet is by Kigali na samesprekings in Arusha.

Dit was die vuur wat te naby aan die kruitvat gekom het en gevolglik is sowat 825,000 mense, hoofsaaklik Tsutsies binne drie maande gedood.

Volksmoord-vure van haat is gedurende die tyd deur ’n Hutu regering se radio uitsendings verder aangewakker.

In Zimbabwe het ’n soortgelyke situasie ontbrand en het Robert Mugabe nie gehuiwer om alle moontlike teenstanders uit die weg te ruim nie. Blankes is later jare van hulle grond verjaag om in uiterste ellende te leef.

Intussen staan die ganse wêreld en toekyk hoe die volksmoorde toeneem in Afrika, sonder daadwerklike optrede om die uitwissing van volke te probeer verhoed.

Kenners is van mening dat dit veel erger in die SAR gaan as in Suid-Afrika, waar blankes reeds vir 20 jaar onderwerp is aan ’n sielkundige manier van oorlogvoering deur sowat 10 tot 15 mense maandeliks te vermoor, terwyl niemand die tendense met erns wil aanspreek en ontlont nie.

Ontleders meen dat die metode wat in Suid-Afrika toegepas word met die volksmoord, waarskynlik die mees suksesvolle metode is aangesien dit ’n lae-profiel metode is wat nie aandag trek nie en as normale moorddadigheid beskou word.