Vliegtuig steeds nie gevind

Die soektog na die vermiste Boeing van Maleisië word steeds gesoek, maar dit blyk dat die soektog nou van patroon gaan verander volgens die Australiese premier,

Premier Tony Abbot sê dat daar weinig kans is dat die wrakstukke van die vliegtuig nog met vliegtuig soektogte gevind sal word aangesien die materiaal so deurdrenk is dat dit na die seebodem afgesak het.

Dit beteken dat die wrakstukke nie meer gaan uitspoel op strande nie.

Die soektog wat reeds in sy 53 ste dag is, gaan Australië na raming R600 miljoen kos indien dit soos verwag word, nog ses maande duur om die vliegtuig op te spoor.

Meer as 4.5 miljoen km² seegebied is met vliegtuie uit die lug gefynkam.

Foto –  Premier Tony Abbot