Vir die huisvrou – Tradisionele beesrepies

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

 

Ons het hierdie week nog ‘n lekker romerige vleis resep wat in ‘n japtrap gemaak kan word.

Geniet dit!

 

Tradisionele beesrepies:

Bestandele

5 ml Paprika

1 knoffelhuisie (opgesny)

1 gesnyde ui

15 ml botter

15 ml olyfolie

3 eetl koekmeel

300g beesrepies

1 bakkie sampioene (gesny)

250 ml Water

80 ml suurroom

1 “KNORR Beef Stock Pot”

Metode

Rol die vleisrepies in meel en plaas eenkant.

Verhit die olie en botter saam in ‘n pan en braai uie en knoffel vir 5 min tot sag.

Gooi Paprika by en braai nog 2min.

Gooi die vleis in en braai tot mooi goud-bruin.

Voeg die sampioene by en braai tot sag.

Voeg ‘KNORR Beef Stock Pot’ by met water, meng goed en bring tot kookpunt.

Wanneer dit kook, verlaag hitte en laat stadig kook vir 10 min so nou en dan. Roer die room by en laat prut vir 5 minute.