Vir die huisvrou – Sjokolade jaffels

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

 

Ons almal ken die tradisionele jaffels met maalvleis wat gewoonlik verkoop word op basaars ander fondsinsamelings-aksies. Die RVB-dames is bekend vir hulle gewilde ontbyt-jaffels (wat spek, eiers en kaas insluit). Hierdie week het ons sjokoldade jaffels vir die kleinspan en almal wie se soettand nog nie uitgeval het nie.

 

Sjokolade jaffels:

8 snye witbrood

botter

grondboontjiebotter of ‘n blikkie karamel

sjokoladesmeer of stukkies sjokolade

4 malvalekkers

 

Smeer die broodsnye aan die een kant met botter.  

Smeer ‘n lagie grondboodjiebotter of karamel aan die anderkant van die helfte van die snye. Skep ‘n groot lepel vol sjokoladesmeer op die res. As jy nie sjokolademeer byderhand het nie, kan jy sjokolade in stukkies opkap en oorsprinkel.

Sit ‘n malvalekker in die middel tussen elke twee snye voordat jy die broodjies toemaak en stadig in ‘n gemeerde jaffelpan rooster totdat die brood goudbruin en bros is.