Vir die huisvrou – Pampoentert

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

 

Vir almal wat ‘n variasie soek van die tradisionele pampoenpoffers, is die volgende resep ‘n treffer:

 

Pampoentert:

375ml gaar pampoenmoes

125ml suiker

125g margarien

250ml melk

4 eiers

1.5ml bakpoeier

125ml meel

5ml vanilla geursel

 

Room die margarien en suiker saam.

Voeg die eiers 1 vir 1 by en klits goed.

Sif die meel en bakpoeier saam en voeg saam met melk by die bottermengsel. Klits goed.

Voeg die fyn pampoen en vanilla geursel by die slap deeg.

Gooi deeg in ‘n middelmatige gesmeerde oondbak.

Strooi fyn kaneel bo-oor en bak vir 60 minute by 180grade celcius