Vir die huisvrou – Maklike muffins

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Almal van ons het al in ‘n situasie beland waarin ons vinnig ‘n eetdingetjie moet maak.

Daarom het ons dit goedgedink om die volgende muffin-resep met ons lesers te deel.

 

Maklike muffins:

1 eier
1 k (250 ml) karringmelk
1 k (250 ml) bruismeel
knippie sout
1 t paprika
1 t mosterdpoeier
1 k (250 ml) Cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit ‘n muffinpannetjie met kleefwerende sproei.
Klits die eier en karringmelk in ‘n mengbak saam.
Sif die bruismeel en sout by en roer die kaas by.
Moenie oorwerk nie.
Skep 2 eetlepels van die mengsel in ses holtes van die muffinpannetjie.
Bak vir 10 -12 minute of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Bedien warm.