VF-Plus verwerp EFF

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) sal beslis nie in koalisie met Malema se EFF gaan nie, alhoewel dié party ten gunste van ’n veelparty koalisie is om die ANC teen te staan.

Dr. Corné Mulder, Wes-Kaapse leier van VF Plus, sê dié party wil graag sien dat die ANC se meerderheid daal, en dat ’n sterk koalisie, as opponent gevestig raak.

Volgens Mulder is slegs 13 partye in die sogenaamde politieke “A-span”, wat op nasionale en provinsiale gebied deelneem aan die verkiesing.