Vervalsings se base uitgevang

Beroemde skilders waarvan Mark Rothko en Jackson Pollock maar net twee is van die talle skilders wie se werke vervals is, het twee broers aanvanklik skatryk laat word, om tog uiteindelik uitgevang te word.

Verlede week is die twee broers in Spanje gevang en in hegtenis geneem.

Angel Bergantinos Diaz (65) en Jose Carlos Bergantinos Diaz (58) was skynbaar die hoof figure in ’n groot vervalsings-bedryf wat oor etlike jare talle skilderye laat vervals het deur ’n derde persoon, en dit dan op verskeie veilings laat opveil.

Die bedrog, wat na raming sowat R350 miljoen beloop het, is oor twee dekades gepleeg.

Beroemde skilders se werk is nageboots, en dit is op meesterlike wyse gedoen, want van die wêreld se beste kenners is mislei deur die vervalsings wat opgeveil is.

Die meeste van die vervalsings is egter “uit die hand verkoop” wat die kanse om uitgevang te word, aansienlik verminder het.

Die derde bedrieër is ’n skilder van China, wat glo die vervalsingswerk gedoen het, terwyl die twee broers die “bemarkers” was.

Die Chinees het vermoedelik gevlug en skuil waarskynlik iewers in China.

Foto –  Een van Mark Rothko se werke