Verhoogde transformasie teikens in sport

Dit het aan die lig gekom dat die ANC dreig om internasionale deelname van sekere Suid Afrikaanse sportsoorte op te skort, indien die sportliggame nie gehoor gee aan die drastiese aanpassing van swartspeler-kwotas nie.
Volgens ‘n verslag wat onlangs vrygestel is, is die nasionale krieket- en rugbyspanne veral, volgens die ANC, skuldig aan die verontagsaming van die regering se transformasiediktaat om swart spelerdeelname te verhoog.
Blatante inmenging in die samestelling van spanne is egter volgens waarnemers ‘n bedreiging vir veral rugby sowel as krieket, omdat die internasionale beheerliggame van die sportsoorte, staatsinmenging verbied.

Inmenging van owerheidsweë, kan daartoe lei dat Suid Afrikaanse spanne verbied en geskors word van internasionale deelname.
Die ANC se Fikile Mbalula, Minister van Sport en Ontspanning, het die week egter ten spyte van die verbod, druk op die Suid Afrikaanse beheerliggame geplaas, om die kwota swart spelers na 60% te vermeerder.
Dit volg blykbaar na die bekendmaking van ‘n transformasieverslag in Suid Afrikaanse sport, wat veral rugby en krieket uitwys as die grootste sondebokke.
Volgens die verslag het rugby byvoorbeeld slegs 45% van die transformasiedoelwitte behaal en word die slakkepas van verandering betreur. Die verslag verklaar verder dat dit in rugby se langtermyn- strategiese belang is om die oorsake van die stadige pas te identifiseer en aggressief te takel deur doeltreffende, en gefokusde ingryping.
Tydens ‘n radio-onderhoud het Mbalula gedreig om die spanne se internasionale deelname te beëindig indien die sportunies nie binne die volgende jaar transformasiekwotas aanpas nie.
Beide die grondwette van die Internasionale Krieket- en Rugbyrade (IKR en IRR) bevat klousules wat bepaal dat lidlande geskors kan word indien hulle aan regeringsinmenging onderwerp word.
Altaaf Kazi, Krieket Suid-Afrika (KSA) se woordvoerder het in reaksie gesê dat hulle nog nie formeel in kennis gestel is van die nuwe kwota-eise nie, en sal later ‘n vergadering met die ANC minister reël om die implimentering daarvan te bespreek.
Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het weer op sy beurt gesê dat hulle daarna uitsien om die minister te ontmoet, sodat hulle ook helderheid oor die aangeleentheid kan kry.
Volgens waarnemers sal dit interessant wees om te sien hoe die IKR en IRR die ANC diktaat interpreteer, en of hulle bereid sal wees om politieke inmenging te weerstaan wat ten doel het om, ten koste van die sport, kunsmatige rassegelykheid te bewerkstellig.
Politieke waarnemers sê dat die ANC bereid is om die IRR en IKR se grondwette openlik te minag, spreek ook boekdele vir die terroriste-organisasie se gebrek aan respek vir reëls en regulasies, en ‘n verantwoordelikheidsin ten opsigte van internasionale sportverhoudings.

ANC woordvoerders het glo geensins verwys na die status van sokker nie.