Veerboot sink met honderde passasiers

Veerboot sink met honderde passasiers

’n Reuse soektog is op tou gesit nadat ’n Suid-Koreaanse veerboot met byna 500 mense aan boort, omgeslaan het wat sonder behoorlike toerusting was om die passasiers te beveilig.

Die soektog is begin om die drenkelinge op te spoor waarvan sowat 230 passasiers, jong kinders is.

Die passasiers wat vermis word na twee dae se soektog, het weinig opgelewer behalwe vir ses mense se lyke wat in die water gevind kon word.

Daar is egter nog 290 mense wat gesoek word.

Sowat 180 mense is gered, maar die hoop verskraal dat nog mense lewend gevind sal word.

Sowat 380 passasiers was studente wat saam met onderwysers onderweg was na ’n gewilde oord waar hulle sou uitkamp vir ’n aantal dae.

Ouers en vriende het SMS boodskappe gekry voor die boot onder die water verdwyn het, en daar is selfs boodskappe terug gestuur om advies te gee.

Intussen het mense ’n boot gehuur en hulle na die ongelukstoneel gehaas, maar dit was reeds te laat, en tog het hulle bly wag en bly hoop….