Vakbond-stakers kry geldjies

Die stakers deur Amcu-lede was glo baie opgewonde toe hulle verneem het dat die stakendes finansieel bygestaan gaan word nadat ’n finansiële inspuiting ontvang is.

Die hulpfonds, bekend as die Amcu Strike Fund, wat glo deur die vakbond Amcu tot stand gebring is, met die doel om stakende werkers te ondersteun, het ’n skenking van R1 miljoen ontvang.

Die president van Amcu, ene Joseph Mathunjwa, sê Amcu het besluit om die fonds te versterk deur die skenking te maak. Na wat berig word, sal ’n verdere R50,000 inbetaal word deur skenkings wat ontvang is van beamptes en personeel.

Na verneem word, is daar honderde stakers wat sukkelend is, en van hulle is besig om van hulle eiendom soos meubels en vee te verkoop om aan die lewe te bly.

Ingeligte waarnemers sê dat Indien die R1,050,000 onder die 25,000 werkers verdeel word, gaan elkeen sowat R43 is die sak kry, wat waarskynlik vir een dag genoeg kan wees om van te lewe.

Die stakers is reeds sedert middel Januarie sonder inkomste en hou daarby dat hulle ’n maandelikse vergoeding van R12,500 verwag voor hulle weer terug keer werk toe.