Uitjouers is leë blikke

Diegene wat pres. Jacob Zuma gedurig uitjou, is deur hom bestempel as ’n “klomp leë blikke wat die baie lawaai maak,” is berig in die The New Age koerant..

Die president wat in Oos-Transvaal ’n vergadering toegespreek het, sê dat die uitjouers baie kwytraak, maar kiesers moet liewer nie daaraan aandag gee nie, en raai hulle aan om eerder hulle werk te doen.

"Wat die mense sê met hulle boe-boe, help Suid-Afrika glad nie,” het hy gesê.

Hy het ook uitgevaar teen die sogenaamde “slim mense wat vra dat kiesers teen die ANC moet stem."

Hy reken ‘n kieser wat stem vir enige ander party as die ANC is ‘n stem wat gemors word.

Om die toehoorders te beïndruk het hy daarop gewys dat menige kiesers uitjouers is, maar “hulle bly in HOP-huise."

Gedurende die afgelope weke is Zuma by verskillende vergadering deur kiesers geboe en uitgejou. In Noord-Transvaal het hy sy toespraak gestop, in sy motor weggery terwyl ’n horde jonges hom verskree het.

Foto – Pres. Zuma se leë blikke