Totale padsterftes nog onbekend

In Noord-Transvaal het padsterftes die hoogte ingeskiet met die uittog uit Sentraal Transvaal gedurende die Paastyd, toe duisende na die Sioniste saamtrek is.

Die ongelukke wat aangeteken is, is hoofsaaklik as gevolg van kansvatters en drinkers wat die padreëls ignoreer.

Die is die mening van ’n verkeersman wat verkies om anoniem te bly.

Na wat berig word het sowat 55,000 Sioniste die geleentheid bygewoon het by Moria in Noord-Transvaal.

Na verwagting sal swaar verkeer ondervind word op die N1 terug na Sentraal Transvaal, met die terugkeer van die kerkgangers.

Die woordvoerder het ook daarop gewys dat oorlaaide taxi busse en onpadwaardige busse die grootste sondebokke is.

Die Verkeersdepartement het besluit om nie tussentydse verslae vry te stel nie, en sal glo eers na afloop van die naweek ’n verslag uitbring van padongelukke en sterftes.

Ingeligte waarnemers is van mening dat die Departement daarmee wil poog om die sterftesyfers en padongelukke se statistieke wil verberg, in die lig van die komende algemene verkiesing.