Tornado eis talle lewens

’n Verwoestende tornado wat reeds die lewens van 18 mense geëis het, woed steeds voort in die sentrale gebiede van die VSA.

Die burgemeester van die dorp Vilonia, in Arkansas sê dit lyk asof die dorp platgevee is deur die verwoestende tornado.

Arkansas se Departement Nood-bestuur sê 15 mense is dood en die vrees bestaan dat die lekkende gaspype in beskadigde geboue die chaotiese toestande verder kan vererger indien ’n vuur iewers sou ontstaan.

Lewensverlies is ook aangemeld in Oklahoma weens die tornado’s asook in Iowa is aangemeld van mense wat omgekom het.

Polisiewoordvoerders meen dit is ’n situasie wat hom leen vir ’n massa sterftesyfer.

In Arkansas is een woonbuurt vernietig en al die huise platgevee.