Toe skrik die president

Met ’n verkiesingskoors wat helder denke kan benadeel, het pres. Jacob Zuma se raadgewers aanbeveel dat hy besoeke bring aan plekke soos Sonop, Wonderkop, Bapo Ba Mogale en Segwaelane om stemme te werf.

Al die plekke is in die omgewing van Marikana.

Maar helaas kom die vertroulike verslae ingestroom dat die president nie die besoeke moet bring soos beplan is nie. Daar sal nie van deur tot deur besoeke gebring kan word nie want die inwoners van die gebiede wil hom nie daar hê nie…

In plek daarvan is daar inderhaas gereël dat die president in die veiligheid van ’n luukse munisipale kantoor sit en vergader met ’n paar sogenaamde tradisionele geestelike leiers.

’n Volgende berig bereik die sekuriteitspersoneel van die president – hy moet liewer wegbly uit die Marikana omgewing, want dit is die president ’n “no-go” terrein en die risiko is gans en al te hoog om die enigsins daar te waag.

Een ant-Zuma kieser het glo gesê die president gaan seerkry as hy die verbode terrein betree, want dis hier waar sy polisie die mense doodgeskiet het.