Tieners verdwyn spoorloos

Twee tieners van Pretoria het spoorloos verdwyn op ’n swart bromponie wat die twee ouerpare in ’n erge graad van paniek gelaat het.

Avian van Schalkwyk (17) en sy vriendin Kim Swarts (15) het glo in die nagtelike ure op sy bromponie weggery sonder hulle ouers se medewete.

Die twee kinders is reeds meer as twee weke weg, en die ouers is radeloos en bekommerd oor hulle welstand.

“Kim is op chroniese medikasie en moet dit gereeld gebruik,” het ’n baie bekommerde Irene gesê.

André Putter, ’n private speurder sê hy het vasgestel dat Avian vroegdag van sy ouerhuis gery het in Lyttelton, en Kim by in Pretoria-Noord opgelaai by haar ouers se huis.

Hy sê hulle het glo min klere en kos saamgevat wat hulle hongerpyne nie lank sal stil nie, en het blykbaar nie baie geld by hulle nie.

Sedert hulle meer as twee weke gelede weg is , kon die ouers en ander familie geen kontak met hulle maak nie

Vrese bestaan dat die twee dalk in ’n ongeluk betrokke was, of dat hulle gekaap en gyselaar gehou word.

“Ons het die publiek bitter nodig, want ons het alles probeer om hulle op te spoor,” het ’n bekommerde Irene gesê.

Privaatspeurder André Putter kan gekontak word by 082-485-6448 of 072-214-7439.