Tiener red Duitse gesin

Jaco Rossouw, ’n inwoner van Port Alfred, het koelkop gebly en ’n Duitse gesin met handgebare en luide geskree, gehelp om ’n verdrinking te voorkom.

Die pa van die gesin se voete is onder hom uitgeslaan deur ’n seestroom, en toe sy seun en die dogter probeer om hom te help, het al drie in die seestroom beland.

Hulle het teen die seestroom begin swem, en sou nie lank kon uithou nie, en het ook nie gevorder nie.

Jaco het dadelik besef wat gaande is, in die water ingestap en hulle beduie om nie teen die stroom te swem nie, maar eerder parallel met die kuslyn, en dwars uit die stroom te swem.

Die dogter het dadelik gesnap wat om te doen, en het sommer haar pa met haar saamgesleep.

Dit was ’n dankbare gesin wat moeg uit die water gekom het.

Foto – Bekende gesig in die kusdorp