Thuli ondersoek ANC

Adv. Thuli Madonsela, hoof van die Openbare Beskermer (OB) het verskeie klagtes ontvang oor die ANC se kospakkie uitdeel-program onder die vaandel van die staat se hulpbron-projekte.

Twee klagtes is van die Agang party ontvang deur die OB, wat haar genoodsaak om die nodige ondersoeke te doen.

Bewerings word gemaak dat die ANC, met t-hemde wat die kleure van die ANC bevat, en met pres. Zuma se gesig daarop, aangetrek word deur diegene wat die kospakkies uitdeel aan mense wat by vergaderings van die ANC opdaag.

’n Woordvoerder van die OB sê die hulle is op hierdie oomblik besig om eers vas te stel of daar afdoende gronde is vir ʼn volledige ondersoek. 

Agang SA se twee klagtes hou verband met bewerings dat kospakkies uitgedeel word as lokmiddel in verskeie provinsies, terwyl die ANC se kleure ook nog gebruik is op reklameborde van Hulpbron-projekte.