Terroriste kaap en verniel man

Mnr. Frik Bodenstein (58) is in die omgewing van Zaaihoek naby Witbank met pangas aangeval en besteel deur vier vermeende terroriste.

Hy was oppad na sy houtskool-fabriek toe hy gesien het een van die hekke staan oop. Hy wou dit toemaak, maar moes tot sy verbasing in die loop van ’n vuurwapen kyk toe hy uit die voertuig klim.

’n Tweede terroris het van agter gekom en hom oor die kop geslaanAnder rower het hom van agter af oor die kop geslaan. Daarna het die vier swartes hom aanhoudend geskop en geslaan terwyl hy op die grond gelê het.

Hy is herhaaldelik met die plat kant van ’n panga in die gesig geslaan, waarna hulle sy selfoon, sy sakdoek en bankkaarte gevat het.

Hy is met draad vasgebind en in die bosse gesleep met die klaarblyklike bedoeling om daar dood te gaan.

Hy kon egter daarin slaag om los te kom nadat die terroriste die toneel verlaat het, en moes toe sowat 3 km stap na ’n werkers-kamp waarvandaan hy sy seun kon skakel.

Hy het herhaaldelik in floutes weggeraak, en is uiteindelik deur sy seun na die Witbank hospitaal geneem waar hy behandeling ontvang vir ’n gebreekte neus en diep snywonde in die gesig en arms.