Terroris vermoor vrou in tuin

Sy was besig om in haar tuin, op die plattelandse dorp Senekal te werk, toe sy dur ’n terroris met ’n skerp voorwerp soos ’n mes, herhaaldelike kere gesteek is tot sy dood is.

Rina (65) se eggenoot, Hendrik, was nie tuis toe die aanval plaasgevind het nie, en het kort daarna op haar lewelose liggaam afgekom.

“Die helfte van my lewe is weg,” het ’n verslae, hartseer man gesê.

Toe haar man opdaag was die aanvaller reeds weg sonder om ’n enkele artikel te steel, wat volgens kenners daarop dui dat die aanvaller betrokke kan wees by ’n terreur-groep wat deel uitmaak van diegene wat die volksmoord toepas.

Mev. Hough word uit die NG kerk De Rust-gemeente in Senekal begrawe.

Niemand is in hegtenis geneem nie.