Talle moorde op studente in Australië

In die afgelope vier maande, is vier buitelandse studente in Australië vermoor, wat die vermoede laat ontstaan dat buitelandse studente geteiken word.

In die mees onlangse voorval is ’n Franse student (21) vermoor, en haar naakte liggaam is in ’n park van die hoofstad, Brisbane gevind. Die polisie sê sy is met ’n stomp voorwerp geslaan wat ’n ernstige breinbesering veroorsaak het.

Sowat drie maande gelede is ’n student (23) uit Suid-Korea in ’n park in Brisbane doodgeslaan, en drie weke later is nog ’n student (27) van Suid-Korea in ’n graf gevind.

Etlike maande gelede is die eerste buitelandse student vermoor.

Gedurende 2013 is 30 mense in Brisbane vermoor, maar die premier van Queensland, Campbell Newman, meen oorsese besoekers sal veilig wees in die land.