Sweep Rusland mense op?

Die besetting van regeringsgeboue in die suid-ooste van die staat Oekraine deur Russiese separatiste het sodanig toegeneem dat die waarnemende president van die land, Oleksandr Toertsjinof, Rusland daarvan beskuldig dat hy die mense opsweep in die deel van die land.

Oleksandr Toertsjinof het glo tydens ’n telefoongesprek met pres. Wladimir Poetin van Rusland en pres. Barack Obama van die VSA die opmerking gemaak.

President Poetin volstaan egter met sy standpunt dat Rusland nie verbind is aan die separatiste se optrede wat strategiese punte en geboue in die suidooste van die Oekraïne oorneem nie.

Toertsjinof het gevra dat stappe gedoen moet word om die Russiese separatiste te verdryf, maar dit moet glo op ’n geleidelike en verantwoordelike wyse toegepas word.

Dmitri Medwedef, Russiese premier, het egter gesê die Oekraïne is sedert die wettig verkose regering omvêr gegooi is, op die rand van burgeroorlog, en dit is vir Rusland werklik ’n skrikwekkende gedagte.

Foto – Pres. Poetin