Sulke blikskottels!

Hulle vermoor ons volk sonder huiwering!

Die afgelope week is nie minder as ses voorvalle geboekstaaf van volksgenote wat uitgemoor is sonder dat iets gesteel is – wat maar net op een ding wys, dat dit ’n moordveldtog is wat deur mense agter die skerms bestuur word.

Want daar is presisie handelinge, daar is vaardigheid met mes en handwapen, daar is ’n koelbloedigheid wat verby barbaarsheid strek…. En dit het een woord om alles te beskryf, dit is volksmoord.

Ons mense word besteel, nie net tydens rooftog en kaping nie, of in banke en supermarkte nie, ook die ’n spul korruptes wat sê hulle is regeerders terwyl hulle optree soos diewe en rowers, besteel ons van geld en vryheid.

Vroue en kinders is deesdae sagte teikens, en oues van dae vlug na een of ander versorgingsoord om tog net uit die oog van moordenaars en diewe te bly.

Terwyl die stelers van volksgenote se swaar verdiende geld en goed hulle verlustig in die onvermoë van ’n polisiediens wat nie naastenby opgewasse is om die vermenigvuldigende voorvalle hok te slaan nie, baljaar sekere, sogenaamde hoë lui in blink motors met geld wat ’n witman kwyt is…

Met so ’n onhoudbare lewensruimte word die volk nie net verder verarm nie, maar raak hy al meer depressief en ongenaakbaar; probeer hy poog om liggaam en siel aanmekaar te hou, wil hy nog sy gewone lewe voer, maar ontbreek die naasteliefde vir ’n mede volksgenoot want hy veg om sy eie lewe, en dié van sy gesin te beskerm agter huis tralies en gegrendelde deure.

Dit is dan wat die waarde van volkome vryheid van ’n volk weer skerp op die voorgrond van ons menswees bring, en dit is dan wat ons ywer om na vryheid te beur, weer in ons are begin bruis.

Want ons raak byna verbitterd teenoor hulle wat ons land weggegee het met leuentaal as wapen, met grootdoenerigheid op die internasionale verhoë, tussen hulle wat met verraderlike slinksheid ’n donker spel speel.

Dan kom ’n spul vêr-linkses en besoedel nog die Voortrekkermonument met hulle liederlike politieke liegery, net om volksmanne en vroue verder te verneder.

Dit is dan wanneer ’n Boer sê: Sulke blikskottels!