Suid-Afrika se swak Internet

Die land se vastelyn breëbandspoed is waarskynlik van die swakste in die Westerse wêreld met sy gemiddelde 5,21 Mbps wat uiters swak vergelyk met die internasionale gemiddelde van sowat 17,7 Mbps.

Dit si die bevinding van MyBroadband soos op hul webblad aangekondig is en wat uit die jongste Ookla-indeks bekend gemaak is.

In Suid-Afrika is dit ook tot frustrasie van menige verbruiker, heel anders as elders in die wêreld waar vastelyn-breëband stadiger is as mobiele breëband.

Kenners meen dat Telkom se oorheersende aandeel in die bedryf se vaste lyn diens, waar min vernuwing plaasvind, een van die oorsake is waarom die breëband-spoed so swak vergelyk met ander lande.

Die stagnering in plaaslike vastelyn-breëband mark bring mee dat die meeste Telkom-vastelyn gebruikers steeds ADSL van 10 Mbps of stadiger gebruik.