Suid Afrika in perspektief

Apartheid en ANC-demokrasie.

Miskien het die tyd aangebreek dat die feite vir eens en vir altyd van die fiksie ontrafel moet word. Ons word daagliks gekonfronteer met allerhande aanklagte en beskuldigings van sogenaamde Apartheids-misdade, maar dit is hoogtyd dat daardie aantygings in perspektief gestel word.

Weet ons hoeveel swartes onder die ‘veelbewoë apartheid’ gesterf het?

Ja, ons weet! En die bron van die antwoord is niemand anders as die sogenaamde Menseregte Kommissie nie, naamlik in hul verslag wat gedurende 1997 aan Desmund Tutu se “Lieg en bedrieg kommissie” oftewel die TRC gelewer is.

Die statistieke wat deur hulle aangebied was, verwys na die aantal swartes wat sogenaamd gelei het onder apartheid en gesterf het tussen die jare 1948, toe die Nasionale Party aan bewind gekom het en 1994 toe die ANC aan bewind gekom het.  Die totale aantal swartes wat gedurende daardie tydperk weens politieke oorsake gesterf het, was 21,000.

Maar wag, hierdie feite raak nog meer interessant, want hierdie is nog nie die volledige storie nie.

Die Menseregte Kommissie se verslag tref ’n onderskeid tussen twee tydperke, die eerste van 1948 tot 1989 en die volgende, van 1990 tot die ANC se verkiesing in 1994.  Die aantal gedood vanaf 1948 tot 1989 is 7,000.

Dit beteken dat die aantal wat gedurende die tydperk 1990 tot 1994 gedood was, wat natuurlik na die ontbanning van die ANC en die SAKP was, en dus nadat apartheid amptelik ten einde geloop het, was 14,000, dubbeld soveel as gedurende die 41 jaar wat die Apartheidsbeleid toegepas was.  Maar hierdie was ook die tydperk wat gekenmerk was vir die swart-op-swart geweld, hoofsaaklik as gevolg van ’n magstryd tussen die ANC en die IVP en verskeie ander faksies – geensins die fout van die witman nie.

Van die 14,000 wat gedurende daardie 4 jare gedood was, was 92% as gevolg van swartes wat ander swartes vermoor het, en slegs 5.6% kon toegeskryf word aan die Veiligheidsmagte en hoofsaaklik in reaksie op aanvalle wat deur die ANC/UDF alliansie geloods was na hulle ontbanning.  Onthou u nog Bisho in die Ciskei?  Die verskil in die persentasies was as gevolg van onbekende oorsake.

Dit beteken dat gedurende die Apartheids-regering se heerskappy van 41 jaar, daar slegs 7,000 swartes gesterf het in vergelyking met dubbeld soveel in die 4 jaar na die afskaffing daarvan.  As ons dit verder analiseer vind ons dat daar jaarliks slegs 170 swartes gesterf het tydens apartheid!  En mense, dit is die Menseregte kommissie se syfers, nie die blankes of die Apartheidsregering se syfers nie. Dit is nogal insiggewend nie waar nie?

Twee-keer meer swartes was in vier jaar onder De Klerk se ‘nuwe’ anti-apartheidsregering vermoor nl. 3,500 per jaar, as in die 41 jaar wat “full blown aparthate” regeer het!  Hoe goed was die internasionale propaganda van die Anti-apartheid Beweging nie gewees nie, nè?

Kom ons som op sodat hierdie feite bietjie kan insink:

1948 – 1989: 7,000

1990 – 1994: 14,000 (waarvan 92% as gevolg van swart-op-swart geweld.

Is hierdie waarlik die dodetol van die ‘afskuwelike apartheid-stelsel’, wat die wêreld geleer was om te haat?  Die sg. misdade teen die mensdom slegs 7,000?

En was dit die ergste wreedhede wat gedurende die 20ste eeu gepleeg was?

Nou ja, kom ons kyk na die linkses se voorkeur Sosialistiese/Kommiunistiese/Marksistiese diktators of leiers, om slegs ’n paar te noem:

• Jozef Stalin (USSR, 1932-39): 23 miljoen (die sg. Etniese suiwerings plus Oekraïne se hongersnood

• Mao Ze-Dong (China, 1958-61 en 1966-69, Tibet 1949-50): 78 miljoen

• Pol Pot (Kambodja, 1975-79): 1,7 miljoen

• Menghistu (Ethiopia, 1975-78): 1,5 miljoen

• Apartheid: 7,000.

Die lys van veel erger politieke stelsels kan nog verder uitgebrei word en dan sal apartheid steeds nie daarmee vergelykbaar wees nie, maar so erg was die gif wat daarteen gespoeg was, dat ’n hele land verwoes is, en sy beskawing vernietig.

Apartheid was nooit die monster wat dit steeds voorgehou word om te wees nie.  Al was dit onregverdigbaar, onvolhoubaar of selfs bloot verkeerd, het die blankes in hierdie land eerder die swartes gehelp om werk in hul tuislande te skep, hul gesondheidsorg en ander dienste help ontwikkel, wat hul bevolkings getalle laat ontplof het van 500,000 toe Van Riebeeck hier aangeland het, tot 40 miljoen in 1994.

Hierdie is die feite oor Apartheid!

Wat is die feite oor die afgelope 20 jaar na 1994?

Lees verder:

http://truth.wwl.wits.ac.za/doc_page.php?did=1207&li=&zm=zoomsearch&zoom_highlight=HRC+report+Deaths