Student pleeg selfmoord

Steven Wessels (24), die student wat vermis is nadat hy vanaf Welkom terug gery het na Bloemfontein, se lyk is in Toronto-pan naby die Unicorn-stalle gevind.

Dit wil voorkom asof Wessels homself met sy pa se vuurwapen geskiet het.

Hy het ’n rugsak gedra wat klippe in gehad het, wat blykbaar bedoel was om hom nie te laat dryf in die water nie.

Hy het verlede Maandag probeer om sy broer wat in Durban is, te skakel, maar het geen antwoord gekry nie.

Steven het nie finansiële probleme gehad nie, het nog ontspanne voorgekom by die huis gedurende die Paasnaweek.

Hy het nie ’n vriendin gehad nie en was gewild onder sy studente vriende.

Hy sou Vrydag sy 25 ste verjaardag gevier het.