Stres – dis witmens siekte!

Die president van Suid-Afrika het ’n interessante opmerking gemaak toe hy tydens ’n radio onderhoud gesê het dat hy nie so iets soos stres ken of ervaar nie, want dit is ’n witmens siekte.

Hy het die uitlating gemaak tydens ’n onderhou op die Xhosa radiostasie, Umhlobo Wenene.

Hy sê daar bestaan nie ’n woord soos stres in die Zoeloe taal nie.

Blykbaar is dit die tweede keer wat die president dit gesê het. ’n Eerste keer was toe hy dit in Februarie in die parlement kwytgeraak het.

Later in die onderhoud het hy gesê hy huil nooit want dit is iets wat kinders doen, nie mans nie.

’n Volkekundige het aan Die Vryburger gesê dat daar blykbaar nie in die Zoeloe taal ’n woord bestaan wat presies dieselfde betekenis het as die Afrikaanse woord “asseblief” nie.

Kommentators sê dat die opmerking van Zuma daarop dui dat hy ’n gevoellose Zoeloe is, wat nie huil nie, nie stres nie en waarskynlik ook nie asseblief sê nie.

Die president is bekend daarvoor dat hy snaakse idees het. Sy uitlating om vigs te vermy deur te stort is nog lank nie vergete nie, word gesê.