Sri Lanka deporteer Brit

Naomi Michelle Coleman (37) van Brittanje is gedeporteer uit Sri Lanka omdat sy ’n tatoeëermerk dra wat Boeddha voorstel en wat onaanvaarbaar is vir die owerhede van die land.

Die rede wat aangevoer is, is dat “godsdienstige gevoelens van ander mense seergemaak sal word” en daarom is sy in hegtenis geneem kort na sy geland het van haar vliegtuig rit vanaf Indië.

Coleman is kort daarna voor ’n landdros gebring, wat bepaal het dat sy onverwyld as toeris, die land moet verlaat, en gee bevel dat sy gedeporteer word.