Soldate aangekla vir moord?

Soldate wat ’n veiligheidswag tydens ’n transitorooftog in Port St. Johns geskiet het, kan aangekla word vir moord, maar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sal binnekort die besluit moet neem.

Skynbaar het die soldate, wat met ’n oefening besig was, op die rooftog afgekom waar twaalf rowers besig was met hulle skrikbewind en ’n transitorooftog uitgevoer het.

Twee van die twaalf rowers se roof-ervarings is beëindig toe beide in ’n oor en weer skietery, in die stof gebyt het.

’n Veiligheidswag wat deur die rowers gewond is, en onder ’n voertuig gelê het, is toe deur die ses soldate geskiet.

Na berig word, het die soldate met die veiligheidsvoertuig se bestuurder gepraat en toe bevel gekry om hulle te posisioneer en te vuur op die gewonde veiligheidswag wat onder die voertuig lê.

Die soldate het hom glo 37 skote geskiet waar hy weerloos gelê het.

.