Soektog na Boeing duur voort

Die regering van Australiese het besluit om hulle skip, die Ocean Shield, uit te stuur om te help soek na die vermiste Boeing van Maleisië wat weke gelede op geheimsinnige wyse verdwyn het.

Die Ocean Shield is toegerus met ‘n sein-sender opspoorder wat ook die “swartboks” van vliegtuie kan opspoor.

Tans is veertien vliegtuie deurlopend besig om te kyk vir moontlike oorblyfsels of spore van die vlug MH370 Boeing van Maleisië.

Veertien vliegtuie soek nog onverpoos na enige moontlike wrakstukke. Dis omtrent al byna ’n maand sedert die vlug van Malaysia Airlines spoorloos verdwyn het.

Die redery se owerhede is bekommerd dat die “swartboks” of die “vlugopnemer” nie  gevind word nie, wat beteken dat die verdwyning altyd onbeantwoorde vrae sal laat vir almal wat betrokke is, insluitende die families van die passasiers.

Die Ocean Shield is toegerus met opspoorder wat agter die boot gesleep word en wat oor die vermoë beskik om vlugopnemers op te spoor.

Die opnemer moet egter binne enkele dae opgespoor word, want die toestel se battery kan nou begin verflou, en later heeltemal doodgaan.

Intussen het ’n sein opgevang met die Haixum 01-vaartuig, maar daar is nog nie duidelikheid of die sein afkomstig is van die Boeing van die Maleisiese lugredery nie.

Foto – Die Ocean Shield