So speel Suid-Afrika die ANC politiek

Die ANC wat na bewering, die betogers opsteek om gewelddadig te raak, en die vermoede wat bestaan dat die ANC dalk agter die volksmoord op blankes sit, wil nou weer, soos telkens in die verlede, mat “Afrikaners” praat om stemme te werf vir die verkiesing.

Van diegene wat skynbaar geen probleem daarmee het nie, is Roelf Meyer oud-NP onderhandelaar), Flip Buys (Solidariteit & Radio Pretoria) en Jan Bosman(Afrikanerbond).

Buys het slegs ’n probleem daarmee dat die ANC die Voortrekkermonument gebruik as die plek waar gesprekke plaasvind, maar het skynbaar andersins geen kwelling dat gepraat word met adj.pres. Kgalema Motlanthe nie, al word hy beskou as die opstoker van die verlede.

Ramaphosa sal by die Voortrekkermonument gesels met vêr-linkse Afrikaners, en Motlanthe sal by ’n gastehuis in Pretoria met ’n ander groep praat. Dit is wel bekend dat Flip Buys by die gastehuis se gesprek betrokke sal wees.

Roelf Meyer gaan een van die sprekers wees.

Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, het gesê sy organisasie is ook van die talle wat genooi is om die Motlanthe-vergadering by te woon.

Politieke ontleders meen dit is in elk geval sinneloos om met Motlanthe te praat wat eersdaags die politieke toneel verlaat.