So manipuleer ANC verkiesing

Met letterlik miljoene oningeligte kiesers, wat deur die ANC gemanipuleer word, moet hulle die verkiesing suksesvol wen.

Dit is die mening van ’n bekende politieke analis van Pretoria nadat inligting bekend geword het.

Na bewering word derduisende kospakkies, en selfs matrasse, speelgoed en T-hempies uitgedeel wat met belastinggeld aangekoop word, aan kiesers tydens ANC-saamtrekke regoor die land.

Verskeie advertensieborde word opgerig, met inskrywings daarop en selfs met die kleure van die ANC daarin, “wat met mense se koppe smokkel”, word gesê deur politici en waarnemers.

Die bewerings word ook gemaak dat die SABC misbruik word om ANC te bevoordeel, en daarmee ’n onregverdige voorsprong te kry teenoor ander politieke partye, is die mening van kenners.

Ingeligte waarnemers meen die optrede maak van die verkiesing ’n klug, en is soortgelyk aan die optrede van Mugabe.