Slang-smokkelaar vasgevat

’n Man wat sy beursie wou vul met geld wat van smokkel-slange verkry kon word, is deur die Kambodjaanse polisie in hegtenis geneem.

Hy het probeer het om in rys-sakke sy vangs van lewendige, swart luislange na Viëtnam te smokkel, maar is voordat hy die grens kon oorsteek, vasgetrek.

Die polisie het sowat slange met ’n totale gewig van sowat 100kg by hom gevind in die sakke wat in ’n sleepwa was.

Die sleepwa is aan sy motorfiets gekoppel waarmee hy die grens wou oorsteek.

In die modebedryf is slangvel ’n luukse, en word handsakke, skoene en beursies daarvan gemaak om in die aanvraag van rykes te voldoen.