Skurke besteel vakansieganger

Hy gaan hou vakansie in St. Francisbaai om weg te kom van die klinkende klank van Johannesburg se geld, net om op die stil, vreedsame vakansie-dorpie besteel te word van alles wat van waarde kan wees.

Die man, wat verkies om anoniem te bly, sê hy het TV gekyk toe hy oorrompel is, ’n swart sak oor sy kop getrek is, en hy toe vasgebind word.

Die diewe het sy TV, al die selfone in die huis, ’n paar duisend Rand, ’n skootrekenaar en ander waardevolle items weggedra.

Een skurk het waggehou by hom, en die ander het die huis deurgeloop en alles bymekaar gemaak wat vir hulle van waarde is, en toe gevlug.

Hy kon daarin slaag om homself los te wikkel, waarna hy na die polisie is om die saak aan te gee.