Skole registrasie ‘n nagmerrie

’n Man van Randfontein het ouerpare te hulp gekom waar ouers letterlik moet toustaan om hulle kinders vir 2015 te registreer vir graad R en graad 1.

Mnr. Piet Hess het sowat ’n week lank naby die Parkview Junior School in Johannesburg uitgekamp om ouers die ergernis te spaar om in ’n tou te staan en wag om hulle kinders te registreer.

Hy “hou plek in die tou” vir die ouers wat hulle kinders wil registreer.

Talle ouerpare het Piet bedank vir sy hulp waarvoor hy nie werklik vergoeding kry nie, maar van die ouers stop darem ’n donasie in sy hand.

Hy sê dit is nou die vyfde jaar dat hy vir ouerpare kom instaan by die skool. Veral werkende egpare sukkel om so lank in die tou te staan, sê hy.

Een van die ouers sê hulle was al voor 7.00 die oggend by die skool, toe staan daar reeds sowat 70 mense in die tou. Dit is dan wanneer Piet se “plek hou” van waarde is.

Die nuwigheid om vroeg te registreer vir die volgende skooljaar, is om die onkundiges in die Departement genoeg geleentheid te gee om te beplan vir die volgende jaar, het ’n woordvoerder gesê.

Ouers kan kinders tot 27 Mei by skole registreer.

Foto – Parkview skool