Sewe baba lyke in woonhuis

Die polisie van deelstaat Utah in Amerika het by ’n woonhuis op sewe baba-lyke afgekom nadat hulle op ’n wenk gereageer het.

Die vrou, ene Mega Huntsman (39) is gearresteer nadat die lyke in haar huis gevind is.

Sy word aangehou nadat die polisie aanvanklik net op die een lyk van ’n pasgebore baba afgekom het toe hulle op die wenk gereageer het.

n Lasbrief is daarna bekom om die hele huis te deursoek waarna hulle op nog ses lyke van babas afgekom het.

Die babas was elk in ’n afsonderlike houer gekry.

Verdere ondersoeke en ondervragings het daartoe gelei dat sy die ma van al die baba is, en sy het oor ’n tydperk van tien jaar geboorte geskenk aan die babas.

Sy het na bewering elke een na geboorte vermoor.

Haar eks-man het die polisie in kennis gestel van die lyke wat in karton houers geberg is. Hy word beskou as die vader van die babas.

Volgens na buurvrou het Huntsman se eksman die motorhuis skoongemaak omdat hy beplan het om terug te trek huis toe, en toe op die kartondose en hul inhoud afgekom.