Seun hoor by boewe ouers is aangeval

Twee diewe het in die Hoopstad distrik toegeslaan op mnr. Chris Bouwer (62) en sy vrou Eliza (58) van die plaas Smitsrus, hulle vasgebind en beroof.

Kort daarna het die boewe met die gesteelde selfoon van mnr. Bouer, die egpaar se seun Lood geskakel en hom meegedeel dat hy eerder plaas toe moet gaan om sy ouers te help.

Die rowers het glo vir mnr. Chris Bouwer vooraf, nadat hy vasgebind is, gevra wie sou hy graag eerste wou skakel om hulp.

Chris was oppad om die waterpomp af te skakel toe hy deur twee boewe oorval is, en het hom daarna die huis ingedwing waar hy en sy vrou vasgebind is.

Hulle het uiteindelik met sy vuurwapens, selfoon en sowat R1,000 kontant daar weg in die bakkie van die eienaar, wat later verlate langs die pad gevind is.

Eliza kon daarin slaag om los te kom, en het die polisie gekontak.

Beide is nie beseer nie, maar verkeer in ’n staat van skok.

Die polisie sê hulle soek na die twee verdagtes.