Ses sterf in terroriste aanvalle

Adjudant-offisier Steven Britz (44) is verlede Woensdag vermoor tydens ‘n aanval op die Klapmuts-polisiestasie buite Stellenbosch. Die aanvallers het hulle glo as klaers voorgedoen.

ʼn Polisiebeampte is een van die 10 verdagtes wat in hegtenis geneem is.

Britz was 22 jaar lank in die polisiediens, en word deur sy vrou en twee seuns oorleef.

In Uitenhage in die Oos-Kaap is die lyk van Matthys Human (80) Saterdag aangetref. Hy is skynbaar met ‘n stomp voorwerp doodgeslaan. Hy word deur ‘n dogter van Oos-Londen oorleef. Die nadoodse ondersoek sal bepaal hoe en wanneer hy vermoor is.

 In Ermelo is mnr. Doef Duvenhage tydens ‘n roof by Tiger Milling verlede Donderdag doodgeskiet. Die rowers het toegeslaan terwyl ACSU-besig was om geldtrommels af te laai. Hy is op die toneel dood.

Mnr. Jaap Pretorius (52) van Bloemfontein wat op 12 April deur drie swartes aangeval is en in die kop geskiet is, is 20 April oorlede. Hy was loodgieter gewees wat sy eie besigheid gehad het en was besig om ‘n drein oop te maak toe hy en sy verloofde, Laurika Visser, aangeval is.

‘n Egpaar van Johannesburg, Brian (62) en Tilly (46) Pope is Sondagoggend, 20 April, in ‘n gastehuis, in Harrismith vermoor. Beide was geskiet.

Hulle seun en skoondogter is in dieselfde gastehuis, Tweevley Gastehuis aangeval. Die man is met ‘n tuinvurk in die bors gesteek en sy vrou is in die arm geskiet en met dieselfde tuinvurk in die gesig gesteek.

Die opsigter, ‘n Malawiër is intussen deur die polisie vir die aanvalle in hegtenis geneem.