Selfoon tariewe dalk laer

Terwyl MNT en Vodacom nog vasskop en die bestaande selfoon-tariewe wil handhaaf, is Cell-C en Telkom Mobile in proses om tariewe te ondersoek met die bedoeling om dit dalk binnekort te verlaag.

Arthur Goldstuck, die besturende direkteur van World Wide Worx, sê dié twee instansies sal waarskynlik meer daartoe geneig wees om hul tariewe te verlaag, terwyl hul konkurente, Vodacom en MTN ’n wagtende houding ingeneem het.

Die Johannesburgse Hooggeregshof het bevind dat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (OKOSA) se voorgestelde interkonneksie tariewe onwettig is.

Die het beslis dat die voorgestelde tariewe dus ongeldig sal wees.

Te midde hiervan het die hof gesê die voorgestelde tariewe gaan voort vir die volgende ses maande, wat ietwat teenstrydig blyk te wees met sy bevindinge.

Dit bring mee dat MTN en Vodacom 44c betaal teenoor Cell-C en Telkom Mobile se 20c om oproepe op mekaar se netwerke te dra.

Telkom Mobile en Cell-C kan met so ’n besparing die koste van hulle kliënte se oproepe afbring, alhoewel Cell-C waarskynlik sal verkies om sy infrastruktuur uit te brei met die bykomende inkomste.