Seevlakke styg glo onrusbarend

Wetenskaplikes beweer dat die reusagtige gletsers in die Antarktiese landstreek veel vinniger smelt as wat dit vier dekades gelede die geval was, en het die potensiaal om die seevlakke drasties te laat styg.

Tans is daar ses baie groot gletsers wat, dat hulle die seevlak met meer as ’n meter kan laat styg.

Die opspraakwekkende inligting is nou gepubliseer in die jongste uitgawe van die gesaghebbende Geophysical Research Letters.

Volgens wetenskaplike waarneming wat oor die afgelope aantal jare gedoen is, styg die seevlak met 3 mm per jaar, en is bevind dat die water wat vanaf 1973 tot 2013 van smeltende gletsers afkomstig is, en wat in die see beland het, met soveel as 77% toegeneem het.

’n Deskundige op die gebied van gletsers, Jeremie Mouginot, verbonde aan die Universiteit van Kalifornië-Irvine, sê sowat 10% (of 0,3mm van die globale seevlak styging) word toegeskryf aan ys wat van die smeltende gletsers afkomstig is.