Seerowers buit brandstof

Dit het net ses gewapende seerowers in ’n snelboot gekos om ’n Japanese tenkskip aan te val, die bemanning vas te vang in aanhouding, en daarna meer as 2,5 miljoen liter diesel brandstof oor te pomp in vraghouers.

Die gewapende rowers het daarin geslaag om blitsvinnig aan boord te gaan van die tenkskip, en toe enkeles van die bemanning aangehou terwyl die ander bemanning glo gedwing was om saam te werk en die diesel oor te pomp in vraghouers.

Na afloop daarvan is drie van die bemanningslede saam met die rowers as gyselaars weggeneem toe hulle op die vlug geslaan het.

Kenners meen die gyselaars is waarskynlik deel van die komplot, aangesien dit haas ondenkbaar is dat ses rowers ’n tenkskip se inhoud kan steel sonder enige weerstand.

Hulle meen dit is ook vreemd dat tenkskepe steeds sonder behoorlike bewapening hul tog kan aandurf, wel wetende dat seerowers bedrywig is in die betrokke gebied.