SA handelsbalans skok

Suid-Afrika se nadelige handelsbalans vir Maart 2014 was heelwat swakker as dit wat verwag is.

Die maand het negatief geëindig op R11.9-miljard, na die vorige positiewe saldo vir Februarie van R1.72 miljard.

Die opgelope handelstekort vir die jaar-tot-datum staan op R27.69-miljard, wat R6.08-miljard swakker is as die vergelykende tydperk van die vorige jaar. Invoere was R91.65-miljard teenoor die uitvoere van R80.26-miljard.

Stakings in veral die platinumbedryf, asook die swak rand wisselkoers het tot die ongunstige handelsbalans bygedra.