Rwanda-diplomate uit land gesit

Maite Nkoana-Mashabane, die Minister van Internasionale Betrekkinge sê  ’n oortreding van die Geneefse Konvensie, sowel as die Wet op Diplomatieke Immuniteit en Voorregte, is die rede waarom besluit is om vier diplomate van Rwanda in Maart verplig is om die land te verlaat.

Nkoana-Mashabane, sê die land kan nie toelaat dat die binnelandse veiligheid deur diplomate bedreig word nie.

Die optrede van die diplomate was glo van so ’n aard dat dit Suid-Afrika se veiligheid bedreig het, en dit is die rede waarom al vier se diplomatieke status opgehef is.

Sy sê hulle het hul diplomatieke status wanaangewend en misbruik.

Die uitsetting kom nadat daar glo vasgestel is dat die vier diplomate betrokke was by ’n georganiseerde poging om sogenaamde Rwandese vlugtelinge in Suid-Afrika te vermoor, en word nou regstreeks met spanning in Rwanda verbind word.

Na bewering het die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge

vasgestel dat misdaad-netwerke bedrywig is wat die land se nasio­nale veiligheid ondermyn.

Foto – Maite Nkoana-Mashabane