Russiese vliegtuie irriteer Japan

Russiese vliegtuie, waarvan twee swaar bomwerpers is, het blykbaar die lugruim van Japan binnegegaan, wat veroorsaak het dat ’n aantal Japanese vegvliegtuie onmiddellik die ruimte in is om die Russiese vliegtuie te waarsku.

Twee Tu-95 Russiese bomwerpers het glo van die ooste van die Koreaanse Peninsula oor die Oos-Chinese See gevlieg en ook by die Japanse eilande gevlieg, waarna hulle in ’n noordelike rigting gedraai het en al langs die Japanese kus gevlieg het.

Japan was glo ontsteld toe ’n Elektroniese Ilyushin-vliegtuig wat toegerus is om waarneming te doen, ook gesien is wat oor die Pasifiese kus, oos van Japan gevlieg het.

Die Japanse Ministerie van Buitelandse Sake het aangekondig dat in daar gedurende 2013 sowat 360 vliegtuie waargeneem is, wat “geskandeer’ moes word, en geeneen van die gevalle was daar Russiese vliegtuie teenwoordig nie.

Foto – Moskou plein