Russe beset talle geboue

Die veldtog van pro-Russiese separatiste het met ’n verdere aksie, ’n belangrike polisiekantoor in die stad Horlivka, in die Russies-gesinde oostelike deel van die Oekraïne beset en finaal oorgeneem.

Die separatiste het hulle nie gesteur aan waarskuwings van die tussentydse regering uit Kiëf nie, en dit geïgnoreer deur nog ’n regeringsgebou te beset.

Die regering het die separatiste gewaarsku om alle regeringsgeboue te verlaat voor volgende Maandagoggend.

Kenners meen die dreigement van die regering kan ’n gevaarlike klimaat skep wat tot volskaalse oorlog kan lei.

Die pro-Russiese separatiste sê hulle doen net wat voorheen gedoen is deur die huidige tussentydse regering, met sy ondersteuners wat voorheen regeringsgeboue beset het toe ’n wettig verkose regering die land regeer het.

Gewapende separatiste het nou reeds in nege ander stede, belangrike regeringsgeboue oorgeneem óf die toegang daarvan geblokkeer.

Die separatiste eis onafhanklikheid en verkies om deel van Rusland te word.