Rusland se stemreg herroep.

Berigte uit Nederland is ontvang dat die Europese Parlement besluit het dat Rusland se reg om te stem, eers herroep word as straf weens sy anneksasie van die Krim-skiereiland.

Die Russiese afvaardiging het met al 18 hulle lede, verlede week se sitting geboikot nadat hulle beskuldig is van Rusland se inmenging in die Oekraïne,

Rusland, sowel as die Oekraïne is lid van die wetgewende raad van die Europese Parlement wat uit 47 lande bestaan.

Die hoof van die Russiese afvaardiging, Alexey Pushkov, het later gesê die besluit van die Europese Parlement is ’n klug.

Foto – Alexey Pushkov