Rusland se ekonomie onder druk

Rusland se minister van Ekonomie, Alexei Ulyukayev, het in die Russiese parlement gesê dat die land se ekonomie nie stabiel is nie. Hy het gesê dat die afgelope twee maande se onsekerheid ‘n vertraging in die ekonomie veroorsaak en dat dit tot gevolg het dat kapitaal die land op groot skaal verlaat en dat investeringsbesluite uitgestel word. Die land se ekonomiese groeikoers vooruitsigte vir die jaar is deur die regering afwaarts aangepas van 2.5% na hoogstens 1.1%.

Die ekonomiese groei in die land se Bruto Binnelandse Produk vir die laaste kwartaal verlede jaar het gekrimp met 0.5% en het vir die jaar op ‘n jaar-op-jaar groei van 0.8% geëindig.

Die land se Minister van Finansies, Anton Siluanov, het die land se ekonomiese situasie met die wêreld se ekonomiese insinking van 2008 vergelyk en het gesê dat daar dalk selfs geen ekonomiese groei vir die jaar kan wees nie.

Intussen is daar aangekondig dat Rusland nie die internasionale kaartgeldstelsel onttrekking goedsmoeds gaan aanvaar nie en dat daar beplan word om ‘n eie bankkaartstelsel in te stel.

Foto: Rusland se Minister van Finansies, Anton Siluanov