Ruimtetuig suksesvol met sy opdrag

Dragon, die onbemande ruimtetuig wat aan die private SpaceX maatskappy behoort, het so pas die Internasionale Ruimtestasie bereik wat sy derde suksesvolle sending na die stasie is.

Die tuig het voorraad na die ruimtestasie geneem, en die Nasa-televisiediens het beeldmateriaal vrygestel wat die koppeling vertoon het.

Dit was glo ’n indrukwekkende beeld om te aanskou toe die 17 meter lange arms die ruimtekapsule vasgegryp het.

“Die koppeling is voltooi, veelsgeluk aan die span,” het die kommandeur, Koichi Wakata, gesê. Hy, saam met Rick Mastracchio,  het die beheer waargeneem om die meganiese arms te bestuur.

SpaceX, wat ’n kontrak met Nasa het om ’n hele reeks aflewerings te doen, word besit deur die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk.

Sy eerste sending na die ruimtestasie was in Oktober 2013, en daarna was nog ’n suksesvolle sending onderneem.

“Hierdie derde suksesvolle sending is ’n bewys dat die spanwerk van die Maatskappy op die hoogste moontlike vlak is wat van ruimtereise verwag kan word,” het ’n woordvoerder gesê.