Republikeinse Vrouebeweging hou kongres

Op Saterdag 26 April 2014 het die Republikeinse Vrouebeweging (RVB) hul 2de Nasionale Kongres by die Paardekraal Monument te Krugersdorp gehou, waar die tema die herdenking van die 1914 Rebellie was.

Die vroue het terug gekyk na die twee jaar wat verby is en wat alles vermag is.

Van die aspekte wat aandag gekry het van die RVB dames regoor die land, is ondermeer:

Die weeklikse interessante bydraes, wenke en resepte wat in Die Vryburger gepubliseer word.

Die Sorgsentrum te Kleinfontein word gereeld besoek.

Die bekende Tydlyn-kompetisies is suksesvol aangebied.

Dinees is gereël vir die VVK, CVO Brandwag, en andere.

Voedsel is aan arm families en gemeenskappe oorhandig.

Konserte is aangebied ten bate van benadeelde Boere-Afrikaner families.

Vierkleurvlae en Rebellievlae is gemaak en verkoop om volksgenote te bemoedig en hoop op die toekoms te gee.

Kosstalletjies is beman en kranse is gelê tydens volksbyeenkomste.

Lenteloop is aangebied.

Die Paardekraal Monument het aandag gekry.

RVB het kinders onderrig oor die werklike feite in ons volk se verlede.

Anneke Geldenhuys het die trofee ontvang vir die mees toegewyde dame in die Beweging terwyl Donkerhoek en Paardekraal se RVB-takke die trofee vir die beste tak moes deel.

Twee meriete sertifikate is ook oorhandig  aan Claudia Beyers vir die stigting van die Penkoppe en Agnes Olivier vir haar volgehoue werk in Ellisras op die volksakker.

Die RVB het twee jaar van vrugbare arbeid gehad, waar opofferings gemaak is, maar wat goeie vrugte gelewer het.

’n Nuwe bestuur is gekies:

 

Voorsitter – Anneke Geldenhuys

Ondervoorsitster – Juanita Kotze

Penningmeester – Anita Schütte

Sekretaresse – Sylvia Mann

 

Sylvia Mann

Sekretaresse – Republikeinse Vroue Beweging van Suid Afrika

 

Sylvia Mann

[email protected]

082 826 7740

086 601 5761 (Faks)

www.RVB-Paardekraal.com 

Facebook: RVB-Paardekraal