Renoster stropery bereik hoogtepunt

Die gevaar van totale uitwissing van die Afrika renosters word ’n al groter moontlikheid as daar na die statistieke gekyk word.

In 2007 is 13 renosters gedood, en die jaar daarna word dit 84, om in 2010 te verhoog na 330, en in 2013 skiet dit op na meer as 1,000.

Vanjaar staan die dodetal reeds op 253 renosters wat gedood is deur stropers en diewe.

Die moontlikhede word nou ondersoek om vas te stel of daar waarheid in die vermoede bestaan dat binnekring inligting aan stropers gegee word, aangesien stropers toenemend konsentreer op die Krugerwildtuin.

Kenners meen die stropery hou verband met internasionale terrorisme, en dat dit een van die “projekte” van terroriste-groepe is om hulle fondse te versterk.

Daar is ook menings dat die ANC regering dit nie erns maak om stropery hok te slaan nie, aangesien duisende kilogram (sowat 17 metrieke ton) renosterhorings geberg word in die hoop dat dit later op die ‘ope mark” verkoop kan word.